Dié vakansie woonstel is in die stil woonbuurt Klein Brak geleë met 'n pragtige uitsig oor die Outeniekwaberge. Die eiendom is ruim met 'n pragtige versorgde tuin. Bestaan uit Eenslaapkamer en een badkamer. Daar is 'n sitarea met genoeg sitplek. DSTV-verbindings beskikbaar, bring eie dekodeerder, slimkaart & afstandbeheer saam, indien volle DSTV benodig. Die kombuis is volledig toegerus met n gas en elektriese stoof. Butie braai met 'n tafel en stoele onderdak. Hierdie braai-area is ideaal vir reënerige of winderige dae. Linne word voorsien, bring asseblief eie handdoeke. Oop parkering. Geen troeteldiere word toegelaat nie - GEEN ROOK IN DIE HUIS.