Poupan is 'n selfsorg woonstel in die veilige La Gare-kompleks. Die kompleks is stap afstand vanaf die strand en Seefront en is naby winkels en restaurante in die omgewing. Die woonstel bied verblyf aan tot 6 persone en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, asook 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, bad, stort en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer n Dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak.. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, broodrooster en 'n wasmasjien, asook 'n toonbank. Die sitarea het rusbanke en 'n slim-TV waar gaste hulle eie Netflix/ DSTV account kan konnekteer. Die woonstel het 'n braai-area met ingeboude braai en stoepmeubels.