De Valle bied selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel in 'n veilige kompleks in Diaz, Mosselbaai, reg oorkant die waterpark en naby Diaz se hoofstrand. Hierdie woonstel op die tweede verdieping bied slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het Dubbel beddens, waarvan die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer het n en-suite badkamer met n stort, wasbak en toilet, en die twee ander slaapkamers deel die tweede badkamer wat bestaan uit n bad, wasbak en toilet. Die leefarea is oopplan met 'n kombuis, sitarea en binne braai area wat oopmaak na 'n balkon. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe. asook n hysbak.