Ruim 4-slaapkamer vakansiehuis te huur in gewilde Hartenbos. Hierdie ruim huis bied gemaklike verblyf vir die hele gesin. Groot leefareas, genoeg slaapplek en ’n heerlike buitebraai-area maak dit die perfekte plek vir ontspanne vakansiedae by die see. Ideaal vir groot gesinne of twee families wat saam wil kuier. Geniet die vakansie-atmosfeer en maak nuwe herinneringe!